Die Afrika in Ons

Deur Charline Wentzel

Ek het in Zambia se bos groot geword. 

Fanagalo ons voertaal van kleins af met die mense om ons … die gardenboy, die kitchenboy, ironingboy…’n boy vir elke ding. Stywe wit uniforms en langkortbroek met strepe en sandale gemaak van ou tyres. 

So ‘n houseboy kon homself ritmies warm dans, met n borsel onder elke voet tot die hout en linoleum vloere blink!

Houthuise gebly deur my pa self gebou, sink dak, sementvloer met linoleum bedek, klein maar gerieflik behalwe die laaste huis by Wuzikili.  Die klein huisie langs die Kafuerivier, twee kamers een vir pa en ma en die ander een vir my en boetie. ‘n Kombuis, sitkamer, stoep en badkamer sonder toilet. Buite ver van die huis was die longdrop….op vyf jaar, is my enigste handsakkie daar die ewige in!

Buite onder die groot boom was die Afrika yskas.  Met die agterkant, die vloer en dak van sement, twee sykante van dubbel houtrame gevul met steenkool en ‘n stewige houtdeur wat behoorlik sluit net ingeval…. nuuskierige bobbejane. Hoog bo in ‘n tak hang die diggeweefde goiing sak gevul met water en die water drip, drip stadig op die sementblad. Room, melk, botter enige iets is dae lank bederfloos gebêre in die yskas.

Buite die agterdeur die Rhodesian boiler vir warm water. Alle venters bedek met gaas teen malaria muskiete. Die gaas stoep sodat n koel wind deur die huis kon beweeg en ons ‘n mak nag-apie kon aanhou.

Maar snags het die tromme gespeel, ver en naby soos boodskappe heen en weer gestuur is. Die rumoerige lawaai van vrolikheid en dansers in die statte om ons….

Ek bly ‘n kind van Afrika. Maak nie saak waar ek reis of bly nie, die tromme se geluid vir altyd vasgevang in my menswees.

Die Afrika in ons is altyd met ons.

Charline Wentzel

I never thought I had any writing abilities, however friends and family enjoy my writing and have encouraged me to start taking it seriously and get going. I enjoy the upkeep of my bushy garden, quilting and lots and lots of reading, together with writing the family history and geneaology.

For more wonderfully written Afrikaans pieces similar to ‘Die Afrika in ons’, please have a look at our other Afrikaans stories.

Tags:

One response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *